Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 20 OKTOBER 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin met nuus van 'n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutel van Eric William Meyer, ZS6ME, op Vrydag 4 Oktober stil geword het. Hy was 89 jaar oud.

Ons innige meegevoel met sy vrou Ingrid, familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE CQ WW DX ESB KOMPETISIE VOLGENDE NAWEEK

DIE EERSTE 2019 SONE 38 TOEKENNING UITGEREIK

en

GROOT S.A. AFVAARDIGING GEREED OM WRC-19 BY TE WOON

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus.

DIE CQ WW DX ESB KOMPETISIE VOLGENDE NAWEEK

Die CQ WW is die grootste amateur radio kompetisie ter wêreld. Meer as 35 000 deelnemers wend hul na die luggolwe op die laaste naweek van Oktober (ESB) en November (gelykgolf) met die doel om soveel moontlik kontakte, met soveel verskillende DXCC-entiteite en CQ-sones, te maak.

Die CQ WW DX ESB-kompetisie duur van 00:00:01 UTC op Saterdag 26 Oktober tot 23:59:59 UTC op Sondag 27 Oktober met aktiwiteit op 160 tot 10 meter. Die uitruiling is 'n RS-verslag en jou CQ-sone. Vir Suid-Afrika, dit is Sone 38. Vind al die inligting oor hierdie kompetisie in Engels en 18 ander tale op www.cqww.com/rules.htm

DIE EERSTE 2019 SONE 38 TOEKENNING UITGEREIK

Om die 2019 Sone 38-toekenning te verwerf, moet radio amateurs bewys lewer dat hulle 38 stasies gekontak het in die DXCC-entiteite wat CQ Sone 38 vorm. Daar is geen beperking op frekwensies of modusse nie.

Toekenning Nr. 001/2019, gedateer 18 Oktober 2019, is uitgereik aan Jan Botha, ZS4JAN. Baie geluk Jan!

HOMEBREW HEROES TOEKENNING VIR 2019 IN AMATEUR RADIO AANKONDIG

Die Homebrew Heroes Toekennings-program het die eerste jaarlikse ontvanger daarva aangekondig. Hy is Hans Summers, G0UPL, van Oos-Sussex in die Verenigde Koninkryk. Die jaarlikse toekenning gee erkenning aan individue, groepe of organisasies wat help om die grense van amateur radio tegnologie te definieer deur die jarelange tradisie om hul eie toerusting te bou. Hans was gedurende YOTA 2018 in Suid-Afrika.

Summers sê dat hy ge-eerd voel en absoluut verstom is, om die eerste toekenning van die Homebrew Heroes Toekenning te ontvang. Hy sê dat al jare lank sy eie self-bou werk deel, asook dié van sy onderneming QRP Labs. Hy voel besonders gelukkig dat sy werk op hierdie openbare forum erken word. Besoek gerus sy webwerf by: http://hanssummers.com/.

DIE NUWE BHF BAKEN VIR BETHLEHEM WORD GETOETS

Die BHF Werkgroep berig dat die probleme met die radio vir die BHF-baken reggestel is en dat die baken nou volledig aanmekaar gesit en getoets word vanaf die QTH van Brian, ZS6YZ in die Noorde van Pretoria. Dit is 'n Gelykgolf baken op 144,425 MHz met 'n uitset van 25 W. Die baken straal Suid op 'n 8-element horisontale Yagi. Hierdie baken word in Desember in Bethlehem geïnstalleer sodra die lisensie uitgereik is.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

GROOT SA AFVAARDIGING GEREED OM WRC-19 BY TE WOON

Volgende week stuur Suid-Afrika die grootste afvaardiging ooit om die ITU-Wêreldradiokonferensie in Egipte by te woon.

Die afgelope vier jaar het die WRC-19 Nywerheids Voorbereiding vergaderings in Pretoria plaasgevind om Suid-Afrika se standpunt oor die verskillende WRC-19-agendapunte te bespreek. Brian Jacobs, ZS6YZ en Hans van de Groenendaal, ZS6AKV het die vergaderings bygewoon wat die SARL en die belange van die Suid-Afrikaanse Amateur Radio gemeenskap verteenwoordig. ZS6AKV was die rapporteur vir Agenda Item 1.1 om 'n toewysing van die frekwensieband 50 - 54 MHz aan die amateurdiens in Streek 1 te oorweeg. Die groep het die SARL-posisie ondersteun wat opsie A was, en dit lui: 'n toewysing aan die amateurdiens op 'n primêre basis in al die band 50 - 54 MHz, of 'n deel daarvan, met toepaslike voetnota’s om beskerming te bied aan dienste wat reeds 'n toewysing in die band het. Hierdie posisie is op die SAOG-vergaderings en die ATU-vergaderings beywer. Op die laaste ATU-vergadering voor WRC-19 wat in Oos-Londen gehou is en deur ZS6YZ bygewoon is, is hierdie posisie as die Afrika-posisie bevestig.

Op die WRC-19 Nywerheids Voorbereiding vergadering wat verlede week Donderdag gehou is, het Dick Sono van die Departement Telekommunikasie en Posdienste wie die sameroeper van die groep is, gesê hy is bly dat die SARL-posisie 'n Afrika-posisie geword het. Hy het gesê dit is belangrik dat ons Amateur Radio in Suid-Afrika en op die Afrika-kontinent ondersteun.

DIE BESTMED TSHWANE CLASSIC FIETS WEDREN OP 3 NOVEMBER 2019

Die Bestmed Tshwane Classic Fiets Wedren sal vir die derde jaar plaasvind vanaf die Voortrekker Monument op 3 November 2019. SARL Hamnet sal verantwoordelik wees vir alle radio kommunikasie tydens die wedren, waar ons die oë en ore daar buite sal wees en aan die VOC terugvoer gee. Brian Jacobs, ZS6YZ sal die Hamnet koördineerder wees vir die byeenkoms. SARL Hamnet Gauteng Suid sal ondersteuning gee, maar daar word gesoek na plaaslike amateurs van Pretoria wat die stad ken, om te help met die kommunikasie vir die byeenkoms.

Dit is ook 'n ideale geleentheid om te leer om as 'n span saam te werk. Ons weet nooit wanneer dit nodig sal wees om saam te werk tydens 'n nood toestand. Indien jy belangstel om radio kommunikasie te doen tydens fietswedrenne of meer wil weet omtrent SARL Hamnet, kontak gerus vir Brian by 083 255 9786 of bjacobsza@gmail.com.

KLUB NUUS

Die Pretoria Amateurradioklub het op 20 September sy Algemene Jaarvergadering gehou en die volgende komiteelede is verkies:

Louis de Wet, ZS6SK: Voorsitter, Watts Nuusbrief, SARL en ICASA Skakel
Graham Reid, ZS6GJR: Ondervoorsitter, tesourier, webwerf
Johan de Bruyn, ZS6JHB: Lidmaatskap, herhalers, saamtrekke, sosiaal
Irene Myburgh, ZS6IEA: Sekretaris, Sosiaal
Albert Schreuder, ZS6SE: Kompetisies, Belastingaangeleenthede, Sosiaal

Die volgende klublede is toegewys in die volgende gekoöpteerde portefeuljes:

Almero Du Pisani, ZS6LDP: Vlooimarkte, SARL Bulletins
Tony Crowder, ZS6CRO: Ouditeur
Pierre Holtzhausen, ZS6PJH: Kompetisies
Pieter Myburgh, ZS6PAM: Herhalers
Hans Kappetijn, ZS6KR: SARL en PARC Bulletins, Swop Shop
John Minter, ZS6LED: RAE-opleiding, tegnies

Die Highway Amateur Radio Klub het onlangs die volgende komitee verkies vir die 2019/2020 jaar:

Voorsitter: Keith Lowes, ZS5WFD
Ondervoorsitter: Justin Wright, ZS5JW
Sekretaris: Laurie Devereux, ZS5DL
Tesourier: Kimmi Wright, ZS5KIM
Lede: Sean Pritchard, ZS5X; Hettie Joubert, ZS5BH; Troy Beveridge, ZS5TWJ en Praveen Kumar, ZS5LT

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte son-aktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Met die onlangse dag-en-nag-ewening kan amateurs rondom sonsopkoms en veral sonsondergang goeie DX openinge op die 10 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag - Jamboree op die Lug
19 Oktober - Die RAE en CQ Hou Koers
21 Oktober - Die sluitingsdatum vir QRP en AWA Buis QSO Geselligheid logstate
26 en 27 Oktober - CQ Wêreldwye ESB-kompetisie
27 Oktober - Die PEARS HF-kompetisie
02 November - Die RaDAR Uitdaging en die Pretoriase ARK snuffelmark
09 en 10 November - die SARL Analoog BHF/UHF-kompetisie
10 November - Herinnering Sondag
11 November - Wapenstilstand Dag en die sluitingsdatum vir RaDAR logstate
18 November - Die sluitingsdatum vir die PEARS HF-logstate
19 November - Die Highway ARK maandelikse vergadering
23 November - Die SARL BHF-werkswinkel en die SARL Newbie kompetisie
23 en 24 November - Die CQ WW DX Gelykgolf-kompetisie
30 November - Die Wesrand Snuffelmark

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die CQ WW DX ESB-kompetisie duur van 00:00:01 UTC op Saterdag 26 Oktober tot 23:59:59 UTC op Sondag 27 Oktober met aktiwiteit op 160 tot 10 meter. Die uitruiling is 'n RS-verslag en jou CQ-sone. Vir Suid-Afrika, dit is Sone 38. Vind al die inligting oor hierdie kompetisie in Engels en 18 ander tale op www.cqww.com/rules.htm

Dit sluit ons bulletin vir vanoggend af.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind plaas op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 620 kHz. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Herman Erasmus, ZS6CTA en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003